Adanna

LOGIN

Tannie Marelize se Kuns, Uitgestal In Pniel

By Berna van Zyl
07 October 2017
Category: My stories
Vandag was eenvoudig, kleurvol en koel. Tannie Marelize se kuns maak my vingers jeuk, dit inspireer my en maak my opgewonde. 
Tags: Art Cape Town Floral Colour

Nabyheid

By Berna van Zyl
25 September 2017
Category: Farmlife

Naby
















Nader












Naaste






 


    

Tags: Photography Farmlife Protea Eenvoud Boerdery Flowere Fynbos

Pioneer's Daughter

By Berna van Zyl
20 September 2017
Category: Poems



Grasslands at her feet,

Mountains rising behind her.

Dressed in a long linen skirt,

Leather boots lace to her feet,

She stood.

Steadfast.

It came with practice.


Born into a pioneering family,

She knew the road required a braveheart.

What she didn’t know:

Although shown the destination

And given the map,

Her focus needed to be her pace.

Steady.

Ears tuned to:

“Wag-n-bietjie”.


---


Mistakes require regret,

And regret is something I have not.

But if ever I did make a mistake

I’d call it that,

Because it hurt.


I am a woman.

Born to guard the promise.

Let it grow within.

Until the appointed time.

But it was so strong,

That for a moment

We tasted the future and ran ahead,

Rushed into the promise.


By the Grace of God,

We grew quiet.


We heard: 

“Wag-n-bietjie”.


---


The road,

Wasn’t what she anticipated.

It felt all wrong.

Upside down.

Front to back.

In fact, 

It seems darn right out of place.

What was "meant" to come first,

Only came later. 

She felt this before that.

It felt a little like loosing.

It felt a little like a mistake.


---


He was the man.

And his voice and God's spoke as one.

He told her 

Nothing happens further,

Unless instated by God.


She couldn’t know exactly what he felt.

Didn’t know where he went.

Occassionally visited him in her dreams.

Al the while:

Her father talked to her about love,

Taught her about being selfless,

Showed her the value of time,

Told her to

“Wag-m-bietjie”.


---


Nou wag ek maar n bietjie,

Tot ek U stem hoor:

“GO”.

Tags: Poetry Liefde Newmoon Journey

Dink Saam Met My

By Berna van Zyl
30 June 2017
Category: Poems



Wat sou gebeur as

Leon Schuster sy sin vir humor verloor?

Mrs Balls se perskeboom omwaai?

Wie is Jan van Riebeeck sonder die Kaap?

Sê nou Nelson Mandela was wit?

Wie is Berna sonder Adanna?

My pa sonder 'n plaas?

My ma sonder 'n kind?

My broer sonder....

Nee hy is anders.


En ek sal daar kom...


Ons ry huis toe na 'n dag in die Kaap

Die lang pad bied

-soos gewoonlik-

'n Kans vir dieper dink.

Die gedagte spoor begin:

"Mamma wie is ek?"


Van kleins af het ek prentjies geteken.

'n Vel papier,

“Klyte klyte”: 

Ure se plesier!


Die wit Addis boks op wiele,

Gesleep tot waarookal die geleentheid verys,

Gelaai, oorvol:

Ouma se tweede trou rok,

Tannie Judy se pienk blink saree,

Pappa se bruin weermag jas,

Stylvolle stukkies uit nig Hillet se kas,

Mamma se serpe het die oorvloed lap maak pas.


Gemaklik in boetie se toppe,

Was ek die “dressmaker”.

Met genoeg kuiergaste op Amsterdam,

Was daar gereeld n gewillige “model”.

Ek het die loopplank gebou.

Die garage omskep.

My ouma genooi.


Laterjare,

Het ek boetie se kamera geannekseer.

Agter die Canon,

Is my gebrek aan lengte

Nie n tekortkoming nie.

Amsterdam se geboue, grassvlaktes en klipkoppie:

n Eerlike agtergrond,

Waarteen lig en donker

Bekoor.

Die fotos vertel die volle verhaal.


Met die gebruik van Bernina,

En die ontdekking van Burda,

Begin lappe lewe.

My skeppings word nommerpas.

Deur my skootrekenaar,

Deel ek dit met jou.


Adanna is gebore.


Maar dis Adanna?

Is ek nie sy nie?

Is sy nie ek nie?

Maak ek dieselfde fout 

As almal?


--- 


My ma dra n moederlike mantel.

Om huis te skep is wie sy is.

Wat nou duidelik is,

Was eens verblind deur trane.

Na dertien maande word hul droom-seun begrawe.

Ontneem van moederskap,

Wat bly oor?

Tog het dit haar na God gelei.

Ons sal nooit hierdie goed ten volle verstaan nie.

Ne Mamma?


Nou, na baie jare,

Is dit helder: 

Jy is ma.

Vir baie.

Geestelik en fisies.

Maar self eerstens kind.

God se kind.



My Pa.

Hy was gelei.

Voorberei.

Om te laat gaan van grond.

Grond, bevlek met vyf generasies Buhrmann bloed.

In my oe was my Pa nog altyd wie hy is.

Op die plaas aan die voet van Mhlanganpisi,

Toe hy alles ingeruil het vir die sendingveld,

En nou in n onbekende, 

Ontluikende Strandveld vlei.


My pa toe ons in Egipte was. 

Nogsteeds, my pa in die Land van Melk en Heuning. 


My broer.

Hulle het gedink hy weet nie wat hy wil doen nie.

Hulle was verkeerd.

Nooit die slimste, 

Nooit die rugbyheld,

Nooit die selfversekerde, 

Nooit Mozart,

Nooit die jeugleier nie. 

Daar was niks waarop hy sy identiteit kon bou nie.

Miskien daarom,

Dat hy vandag in my oe,

Die nederigste mens is wat ek ken.

Hy geniet n goeie spansport,

Hy is gemaklik in sy eie lyf,

En fluit die mooiste melodiee.

In hom sien ek n volwasse wysheid

En sonder om te probeer,

Lei hy my.


---


As ek vandag my sig sou verloor?

Sal ek more oggend wil opstaan?

Want wie is ek dan?

Goeie vraag.


In die maanlose nag:

Helder soos die kar se brights.

Teen die donker Overberg pad,

Begin ek sien

Wie ek werklik is.

Anders as Frida,

Was ek nog nooit my eie muse nie.


Ek is 'n visionery

n “Dressmaker”.

In my hart begin 'n gedagte

Kleur kry

Vorm vind

En dis wat ek doen.

“Instead of ashes,

A crown of beauty.”


---


Twee dae later,

Na my pa die gedig gelees het

Stuur hy n Whatsapp:


“Wil maar net sê 

Wie jy is staan nie alleen 

Of los 

Van wat jy doen, is, voel, beleef, dink, sê 

En maak nie. 

Wat jy doen is net so deel van wie jy is 

As wat jy is as jy alleen is! 

Alles dra by tot die aangename geur:

Daai vermenging van 'n klomp reuke 

Wat een kenmerkende geur is!!”


Ek hoor.

Ek dink.

Ek leer.

Tags: Poetry Journey
Category Name

Submitting Form...

The server encountered an error.

Form received.